Indien jy op soek is na ‘n eerlike, passievolle agent om jou wild vir jou te bemark, is ek jou man!


Ek tree op as Agent namens Leon Vos & Seuns Wild handelaars/ Game Traders  en ons is al 16 jaar in die wildbedryf waar ons met skaars wild teel. 


Ons roem op integriteit en eerlikheid en is altyd bereid om voornemende of bestaande kliënte met raad te bedien.


Uit die aard van ons bedryf beskik ek oor ‘n uitgebreide lys van e-pos adresse van voornemende kopers.


Ek is as agent geregistreer by APAC en is nie in die bedryf om myself vinnig te verryk nie!


Ek het op hierdie stap besluit nadat ons weereens, na 16 jaar in die bedryf, ‘’n bloutjie geloop het by ‘’n sogenaamde agent wat NIE by APEC geregistreer is nie!


My doel is om as agent tussen koper en verkoper op te tree tot bevrediging van albei. Ek bemark graag jou diere namens jou of kry vir jou die spesifieke wild waarna jy op soek is.


Ek sou graag die wild wat ek vir jou bemark, vir ‘n bepaalde tydperk alleen as agent wil bemark. Ek vra ook dat persone NIE die wild wat ek bemark onder hul eie name sal herbemark nie!.


Baie dankie by voorbaat vir jou ondersteuning.

(placeholder)
Verwoerd 48" 
not for sale
Verwoerd 48"
not for sale
Excellent Buffalo grazing available.
Excellent Buffalo grazing available.

On Sale or Auction

Please register here if you would like to receive regular updates on game available.